Filippense 2:15-16
Ons weet dat God se genade die baken van Lig en Hoop is wat ons almal nodig het. Ons bou saam aan 'n geloofstuiste tot eer van God se naam. Gemeente Rooihuiskraal is 'n dienende gemeente wat volg in die voetspore van Christus.
Die kerk as liggaam van Christus het die roeping om die evangelie uit te dra en daar is heelwat Bybelse tekste wat hierdie opdrag van kerk en gelowig wees omskryf. As deel van die liggaam van Christus streef ons daarna om gerig deur die Woord 'n dienende geloofsgemeenskap te wees. Om deel te wees van 'n gemeente beteken om deel te wees van mekaar se lewe.
Wanneer Jesus die eerste keer aan sy dissipels die Nagmaal bedien, sê hy aan hulle: “Neem dit en gee dit vir mekaar aan.” (Lukas 22:17). Ons wil hierdie opdrag oor die wye spektrum van ons geloof en kerkwees toepas. Ons wil nie net ontvang nie, maar ook deel. Soos enige huisgesin sit ons saam aan 'n tafel en deel in mekaar se lewe. Ons lag saam, ons huil saam en ons verskil van mekaar.
Reik Uit - Raak Aan
Deur voortdurend die Bybel te bestudeer leer ons meer van God. Dit gee ook vir ons die basis om te weet hoe ons in die wêreld moet leef.
Dit is die klein dingetjies in die lewe wat 'n GROOT verskil maak. Vir meer as 15 jaar is ons as gemeente betrokke by hierdie projek wat ons noem HANDE VAN HOOP. Ongeveer 300 etes word voorberei en aan hulpbehoewendes voorsien.
Kom deel in ons gemeente se handwerkgroep projek. Ons wil graag handgemaakte speelgoed en kombersies vir behoeftige kinders in pleegsorg soos Pixie Pink Victims gee.
Die geestelike uitdagings van jong mense in vandag se tyd (ook ouer indien hulle nog nie kinders het nie) word uit die Skrif hanteer. Dit vind plaas op 'n informele wyse rondom 'n koppie tee/koffie.
Stuur vir ons jou inligting en ons betrek jou Jou Inligting
Gaan na ons nuus bladsy